DALEEN SE KOOL FRIKKADELLE
Smeer of spuit ‘n oondpan. Voorverhit oond tot op 200°C en maak frikkadelle van jou keuse.
- 1 kg rou maalvleis
- 4 snye brood, gekrummel
- 1 ui, fyngekap
- knoffel, opsioneel
- Worcestersous, tamatiesous, geurmiddels, sout, peper en pietersielie, na smaak
- 1 eier, om te bind
- Vir sous:
- 1 blik tamatie en uie smoor, eie keuse
Maak balletjies ongeveer eier grootte. Neem mooi skoon koolblare geweek in kookwater, die harde gedeelte verwyder om maklik om balletjies te vou. Sit balletjies elk binne ‘n koolblaar en vou mooi toe, oopkant na onder. Plaas in die oondpan of geskikte glasbak vir hoeveelheid kos en blare beskikbaar. Gebruik net die groen gedeelte van die koolkoppe.
Sodra almal klaar is, sprinkel ‘n bietjie goeie kookolie bo-oor en sout en peper. Sprinkel oorblywende maalvleis bo-oor asook enige indien daar oor is groen blare gesnipper, wat later sous sal word. Versprei die tamatie en uie smoor eweredig bo-oor en so ‘n eetlepel of twee suiker om die suur van die tamatie/uie te demp.
Plaas bak toegemaak met foelie in die oond by 200°C vir so halfuur totdat dit begin kook/stoom/bak dan oop vir verdere 20 tot 30 min by 180°C of tot liggies bruin bo-op.
Hou sous dop moenie dat dit droog braai en brand nie, daar moet ‘n lekker sous vorm wat saam met die rys bedien kan word.
Bedien op rys. Geniet!
Nota:
Die oorblywende kopkool word gebruik vir gebraaide boeliebeef gebak of gekook met aartappels, uie en tamatie gemash.
Resep en foto: Daleen Terblanche