Your Recipe Blog

CRULLERS

CRULLERS

“Geniet !!!!”

  • 1 koppie water
  • 4 eetlepels kunsbotter/botter
  • knippie sout
  • 1¼ koppie koekmeel
  • 3 eiers
  • 1 koppie versiersuiker
  • 3 eetlepels water of suurlemoensap
  • 1 teelepel vanilla geursel (los geursel indien jy suurlemoensap gebruik)
  • waspapierblokkies (± 5 cm groot gesny) en ge-olie aan die een kant

Plaas water, kunsbotter en sout in ‘n kastrol. Verhit tot kunsbotter gesmelt het en alles kook. Voeg die meel alles op eenslag by. Roer goed met houtlepel tot deeg ‘n bal vorm en loskom van pot se kante. Sit deeg oor in mengbak en laat effens afkoel (so 5 – 10 minute).
Meng dan een eier op ‘n slag in die deeg in; meng baie goed na elke eier.
Verhit solank genoeg olie (5 cm diep) in ‘n diep pan/pot vir diepbraai tot 175 – 185 °C.
Sit ‘n groot versier stêrpunt op ‘n versiersak en skepdeeg oor in sak.
Spuit nou sirkels op die waspapierblokkies (ek het blokkies hêrgebruik vir elke baksel).
Braai nou deeg sirkels (papierkant na bo – dit keer dat die deeg nie afsak nie) vir 1 – 2 minute aan een kant.
Haal papier versigtig af met tang (dit kan afgehaal word 30 sekondes in die bakproses in), draai die crullers om en braai tot eweredig goudbruin.
Haal uit olie en laat afkoel op druprakkie.
Klits versiersuker en sap/water/geursel alles goed saam. Doop die crullers in die versierselmengsel.

Resep en fotos: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page