CREMORA BESKUIT
- 250 ml Cremora
- 125 ml kookwater
- 25 ml witasyn
- 1625 ml bruismeel
- 13 ml bakpoeier
- 250 ml witsuiker
- 125 ml klapper
- 2 ml sout
- 240 g margarien
Verhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n oondbak of 2 broodpanne met kleefwerende kossproei.
Meng die cremora met die kookwater en vul aan tot 500 ml met koue water. Voeg die asyn by.
Meng die droë bestanddele en vryf margarien in tot dit soos krummels lyk.
Maak ‘n holte in die middel en voeg die Cremoramengsel by.
Meng tot ‘n hanteerbare deeg. (Voeg nog bietjie water by as mengsel te styf is).
Vorm bolletjies OF skep net so in ‘n oondbak of broodpanne en maak gelyk bo-op.
Bak ongeveer 50 – 60 min tot gaar. Toets met toetspen. Keer uit die panne.
Laat afkoel.
Sny in stukke en laat droog in oond op 70 ºC.
Resep en foto: Amanda Austen