CRéME BRULEE
- 960 ml room
- 2 teelepels vanilla geursel
- 6 eiergele
- 1 koppie suiker, een helfte in resep, ander helfte bo-op (ek gebruik bruin suiker, omdat dit meer van ‘n karamelsmaak het, wit suiker is ook goed)
- 6 klein ramekins of 1 groot ramekin (ek gebruik ‘n ronde oondbakkie, omdat ek nie ramekins het nie)
Verhit room en vanilla geursel op stoof. Moenie dat dit kook nie. Meng die eiergele en suiker in medium grootte bak. Voeg die warm roommengsel bietjies vir bietjies by die eiergeelmengsel terwyl jy dit roer. As jy dit te vinnig doen, “scramble” jy die eiers en dan moet dit weggegooi word.
Giet die mengsel in ramekins (6 kleintjies of een groot ramekin).
Plaas die ramekin(s) in diep bak en vul die bak met water sodat die water ongeveer die helfte van die ramekin raak.
Bak die Creme Brulee in die waterbad teen 165°C vir 45-50 minute.
Die mengsel sal steeds “wiggly” wees as dit uit die oond kom. Koel af tot kamertemperatuur. Maak dan die Creme Brulee toe met kleefplastiek en sit in die yskas (verkieslik oornag).
Haal die Creme Brulee uit die yskas vir ten minste ‘n halfuur.
Sprinkel ‘n lagie suiker bo-op en gebruik ‘n “blow torch” om die suiker hard te maak.
As jy nie “blow torch” het nie, grill dit in die oond. Hou dit mooi dop. Mense sê dit gaan nogals vinnig.
Geniet dit!
Resep en Foto: Laurike De Vries Meijer