CIABATTA BROODJIES
- 5 koppies koekmeel
- 2 teelepels sout
- 1 pakkie kits gis
- 1 eetlepel suiker
- 1 liter lou warm water… gebruik net wat nodig is
Meng droë bestanddele in menger. Giet lou water bietjie vir bietjie by en knie met menger tot sagte elastiese deeg. (Deeg te slap om met hande te knie)
Maak die deeg toe sommer in die meng skottel en laat rys vir sowat ± 1 uur tot uur en ‘n half tot dubbel in volume.
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Smeer ‘n oond pan met botter.
Giet deeg uit in die oondpan in, deel in twee “broodjies” sonder om die deeg te veel te hanteer. Vorm liggies met jou hande in ‘n broodjie vorm.
Strooi koekmeel liggies oor die broodjies.
Plaas oondpan op die middelste rak van die oond.
Bak teen 200°C vir 25 to 30 minute in warm oond.
Resep en foto: Veronica Butler