CHRISTELLE SE BOTTERSKORSIE SOP
- 1 groot botterskorsie, geskil en in klein blokkies gesny
- 2 groot uie, in stukkies gesny
- 1 handvol vars pietersielie, fyn gekerf
- ± 1,5 liter water
- Ina Paarman’s Garlic Pepper en sout, na smaak
- 1 pakkie Knorr Butternut and Sweet Chilli soppoeier
- 2 Frey’s Continental short Russians (of enige smoked Russians/worsies/spek), fyn opgekerf
Kook uie en pietersielie in water vir paar minute.
Voeg dan die res van bestanddele behalwe soppoeier en russians by en kook tot botterskorsie sag maar nie pap is nie.
Voeg die gesnipperde Russians en aangemaakte pakkie sop by en roer goed dat dit nie brand nie.
Kook vir paar minute sodat die soppoeier gaar word en die worsies deur warm is.
Bedien.
Nota:
Kan ook botterskorsie fyn maak as nie van stukkies in sop hou nie.
Resep geplaas deur Christelle van Rooyen
Foto: Christelle van Rooyen