CHORIZO EN FETA PAMPOENSOP
Hierdie sop kan in jou “slow cooker” of op die stoof gemaak word.
- 1 kg pampoen of botterskorsie (Ek koop sommer die pakke, stoom in mikrogolf tot gaar en maak fyn)
- 1 liter Ina Paarman groenteaftreksel
- medium ui, gebraai saam knoffel
- 200 ml room of gewone jogurt
- sout en peper, na smaak
- knippie kerriepoeier
- Chorizo (myne was ongekook, so ek het dit gebraai in ‘n pan)
- Feta kaas, om oor te krummel
Maak groente aftreksel aan en plaas in ‘n pot saam die gebraaide uie en knoffel.
Voeg die pureepampoen in en meng goed saam met die kerriepoeier, sout en peper.
Ek het oornag op low/auto gesit in die prutpot “slow cooker”.
Volgende oggend: gebruik handversapper of “jug blender” om alles fyn te meng.
Meng die room in.
Bedien met gebraaide Chorizo en Feta gekrummel en jou laaste bietjie wyn.
Resep en foto: Michelle Bekker