“CHOC CHIP” KOEKIES MET KONDENSMELK
Met twee tiener seuns in die huis, bak ek altyd- hierdie Choc Chip koekie is nogals maklik en rek lekker- drie groot koekiepanne se koekies.
- 5 koppies bruismeel
- 1 blikkie kondensmelk
- 500 g botter
- 1 koppie witsuiker of strooisuiker
- 1 koppie choc chips
Verhit oond tot 180ºC.
Room botter en suiker tot lig.
Voeg res van die bestanddele by behalwe choc chips en meng goed deur.
Vou choc chips by, en meng liggies.
Rol deeg in klein bolletjies ( ek gebruik teelepel ) en druk met ‘n vurk plat.
Bak vir 8 – 10 minute.
Nota:
Koekies is sag as hulle uit die oond kom, maar raak lekker bros.
Resep en foto: Maranda Van Dam
Odette Coates
Second photo and note:
Made this recipe today – added a few more choc chips than the recipe suggested.
Super easy to make and very tasty.
(Nadia Joszkowski: They do say chocolate chips is measured with your heart)
They were super easy to make and delicious.