Your Recipe Blog

CHIMICHURRI-SOUS

CHIMICHURRI-SOUS

In Argentinië word dit by alle vleis bedien. Ek is mal daaroor, en dis so natuurlik en gesond boonop. Ek het geen enkele resep gebruik nie, maar maak dit min of meer soos hieronder. Al wat ek beslis ook gaan byvoeg, is gekapte kruisement. Ek gebruik my staafmenger omdat ‘n prosesseerder die sous te fyn maak na my sin. Die chimichurri moet werklik vooraf gemaak word en teen kamertemperatuur ‘n paar uur staan vir die geure om te meng. Hoeveelhede by benadering! Party resepte het te veel olyfolie.

  • 2 koppies gekapte platblaar-pieterselie
  • 4 geurige knoffelhuisies, gekap
  • ± 4 teelepels droë OF ¼ koppie vars oreganum blaartjies
  • koljanderblare na smaak (opsioneel: “cilantro” vir die Amerikaners)
  • 1 rooi rissie (chili) gekap, OF rissievlokkies na smaak
  • goeie knippie seesout soos Maldon
  • ± ½ teelepel growwe swart peper
  • ¼ koppie rooiwyn-asyn, meer of minder na smaak (tog net NIE “spirit vinegar” nie)
  • ± 150 ml beste olyfolie (maagdelik!) — minder of meer, na jou smaak
  • (‘n Handvol of meer kruisement is wat ek volgende keer sal byvoeg)

Sit alles soos jy dit opkap in ‘n mengbak, en meng tot grof met olyfolie.
Jy kan ‘n prosesseerder gebruik, maar moenie die sous fyn maak nie.
Hou in’n geskikte houer (nie metaal nie), bedek, en laat staan sodat geure kan meng.

Nota:
Let op dat dit heerlik sal wees in warm pasta, op roosterbrood met kaas, by warm souttert — omtrent by enigiets!
Soos gesê; word dit eintlik by vleis bedien — heerlik by braaivleis!

Resep en foto:  Zuri Roos

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page