CHILLI CON CARNE
- 500 g maalvleis
- 2 medium uie, na smaak gekerf
- rooi, groen en geel soetrissies, gekerf na smaak
- ½ teelepel elk: komyn, koljander, rissievlokkies, paprika, sout, peper en gemengde kruie
- 1 eetlepel elk: Worcestershiresous, tamatiepasta, blatjang en fyngedrukte knoffel
- 1 blik tamatiesmoor
- 1 blik bone van jou keuse
Braai uie en rissies tot gaar, Voeg maalvleis by en braai tot vleis gaar is.
Voeg die res van die bestanddele by en prut tot gaar en sous verdik het.
Heerlik saam met kapokaartappels, pap of tacos.
Resep en foto: Lelane van der Walt