CARLA SE GROENVYEKONFYT POEDING IN ‘N KOPPIE
“Vandag iets anders probeer – vrek lekker en vining – groenvyekonfyt poeding in ‘n koppie! Resep ontwerp vir vir twee koppies.”
- 4 eetlepels bruismeel
- 5 eetlepels suiker
- 3 eetlepels kookolie
- knippie sout
- 1 eier
- 5 eetlepels melk
- 1 proppie vanieljegeursel
- 2 klein groenvyekonfyt vye, fyn gesnipper
- 4 eetlepels ongegeurde dubbelroom joghurt, vir versiering
- 2 eetlepels versiersuiker, vir versiering
- ekstra vy, vir versiering
Meng alles behalwe joghurt en versiersuiker saam.
Skep twee eetlepels van groenvyekonfyt stroop onder in elke koppie.
Deel mengsel tussen twee koppies en bak in mikrogolf op 100% krag vir twee minute.
Laat afkoel.
Meng joghurt met versiersuiker.
Versier nagereg daarmee en garneer met halwe groenvy.
Resep en fotos: Carla Botha