Your Recipe Blog

CAPPUCCINO BESKUIT

Recipe by
Cook: 40 - 45 minute

CAPPUCCINO BESKUIT

“Ek het gister cappuccino beskuit gebak self uitgedink en smaak lekker.”

  • 1 kg bruismeel
  • 500 g pakkie cappuccino muffinmengsel
  • 300 ml suiker
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 3 eiers
  • 1 koppie melk met 15 ml witasyn (of karringmelk)
  • 1 koppie room
  • 125 g kunsbotter, gesmelt
  • handvol sjokolade sprinkels

Meng al die droë bestanddele saam.
Roer die kunsbotter by en vryf die mengsel goed met vingerpunte in tot krummelrig.
Klits die room, karringmelk (of die melk/asyn) en die eiers saam en voeg by die deeg en knie dit goed indien die deeg nog te slap is. Voeg maar nog ‘n bietjie meel by indien nodig.
Plaas die deeg in die beskuitpan en  druk die die deeg af met die beskuitdrukker indien jy een het.
Bak by 180 °C vir ongeveer 40 – 45 minute.
Laat die beskuit afkoel en droog uit vir 5 – 6 ure met die oond op die laagste stelling en die oonddeur effe oop.

Rsepen foto: Marie Grobler

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page