Your Recipe Blog

“CAFÉ DE PARIS” BOTTER

“CAFÉ DE PARIS” BOTTER

Hierdie is heerlik op steak, braaivleis, vis, hoender en omtrent alles behalwe miskien roomys.

  • 250 g botter of goeie margarien
  • ½ koppie mayonnaise
  • 1 – 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 teelepel gemengde kruie of gekapte vars kruie as jy het
  • Aromat/sout en varsgemaalde swart peper na smaak

Klits alles saam in ‘n mengbak. Skep of pyp rosette op suurlemoenskyfie en bedien.
Jy kan dit ook in kleefplastiek oprol en vries vir later gebruik deur net wielietjies af te sny.
Njamm!

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page