Your Recipe Blog

BURGER BRAAIBROODJIE

BURGER BRAAIBROODJIE

  • 1 tamatie, in skywe gesny
  • 1 pers ui, in ringe gesny
  • 1 kg worsvleis, wat uit die “casing” gehaal is
  • 1 pakkie rooster broodjies, gehalveer
  • 1 pakkie Melrose kaassnye
  • 1 pakkie spek
  • bietjie Tabasco en perske tuisgemaakte rissiesous

Braai die spek in ‘n pan tot gaar en plaas dit eenkant.
Neem die worsvleis en maak dit in ‘n groot pattie wat die hele toe knyp rooster volmaak.
Braai die vleis tot dit gaar is. Smeer rissiesous op al twee kante van die vleis.
Pak ‘n ry va die halwe broodjies oor die gaar maalvleis.
Knyp die rooster toe en draai om dat die vleis bo-op die broodjies lê.
Sit dan die tamatie op die vleis, en daarna die ui.
Volg die ui met die gaar spek en bedek met die kaassnye.
Laastens, bedek alles met die ander helfte van die broodjies.
Plaas dit terug op die vuur, draai elke nou en dan, braai tot goudbruin en die kaas gesmelt is.
Verwyder van die vuur en geniet.

Resep en foto: Dawie Rontgen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page