BUBBELS VAN GELATINE VIR KOEKVERSIERING
Ek het die bubbles bloot van gelatine gemaak.
Voor die tyd blaas jy water balonne op dat die are in jou kop wil bars!!! Jy knoop díe balonne stewig vas. Hulle moet nie af blaas nie!
Gebruik een deel gelatien by twee dele water.
Ek meng die gelatine met die water en voeg so bietjie voedselkleursel by.
In hierdie geval het ek Rolkem se Super Deep Gold gebruik.
Plaas dit in die mikrogolf oond teen 100% krag en met tussenposes van 10 sekondes.
30 Sekondes is gewoonlik méér as genoeg.
Ek wou dit nog noem. As jy jou gelatine in die mikrogolf smelt doen jy dit letterlik nét tot die gelatine gesmelt is. Daar moet geen korrels sigbaar wees nie, maar dit moet ook nie té warm wees nie. Ek druk gewoonlik my vinger in en as dit warmer as lou is, wag ek liewers ‘n rukkie anders gaan jou ballonnetjies bars.
Nou doop jy een ballon op ‘n slag in jou gelatine mengsel. Maak seker dit is mooi bedek.
Ek steek sommer’ n sosatie stokkie bokant die knoop deur die ballon.
Druk dit in ‘n polystyrene vorm en los vir 5 minute voordat jy dit wéér indoop.
Hierdie proses word 3 – 4 x herhaal.
Elke keer met’ n 5 min rus periode.
Dis ‘n morsige spul!!! Na die laaste indoop laat jy dit hang vir 24 uur.
Dit word so hard soos glas.
Dan druk jy die ballon bo by die nek stukkend met’ n speld en los hom om af te blaas. Die ballonnetjie trek vanself van die kante af los…. En voila… Pragtige eetbare bubbles!
Foto en resep: Alta Kruger