Your Recipe Blog

BROSBROOD

Recipe by
| Servings: 100 koekies

BROSBROOD

  • 500 g koekmeel
  • 250 g Maizena (mielieblom)
  • 10 ml sout
  • 500 g botter (nie margarien nie)
  • 250 g strooisuiker
  • plus ekstra strooisuiker om bo-oor te gooi

Voorverhit oond tot 140°C.
Verroom botter en strooisuiker saam.
Voeg die droë bestanddele by en meng in ‘n menger met ‘n “k” klitser tot dit ‘n bal vorm.
Die mengsel lyk effe droog aan die begin, maar vorm ‘n heerlike deeg na jy dit ‘n rukkie gemeng het.
Druk die deeg plat in ‘n voorbereide bakplaat en prik bo-op met ‘n vurk.
Indien jy drukker panner gebruik, druk af met drukker-vorm (soos die vir beskuit), maar dit kan ook met die hand gesny word.
Bak vir 1 uur en laat EFFE afkoel en sny in mooi blokke.
Strooi bietjie strooisuiker oor en laat nou heeltemal afkoel.
Haal uit pan en bêre in lugdigte houers.

Nota:
Die pan wat ek gebruik het was 26 x 41 cm, 50 koekies wat ek dan weer middeldeur sny, maw dan 100 koekies.

Foto en resep:  Ria Smith

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page