BROCCOLI EN ERTJIE SLAAI
- Slaai:
- 1 koppie rou broccoli, in klein stukkies gesny
- ½ rooi soetrissie, in stukkies gesny
- ½ geel soetrissie, in stukkies gesny
- 375 ml gevriesde ertjies, ontvries in warm water (water afgegooi)
- 2 snye kaas, in blokkies gesny
- ½ klein ui, fyn gesny
- 4 stukkie spek, gebraai en in stukkies gesny
- Slaaisous:
- 250 ml mayonaise
- 125 ml Griekse joghurt
- 50 ml appelasyn, of na smaak
- 25 ml suiker
- 10 ml sout
- 5 ml peper
Voeg al die slaai bestanddele in ‘n mengbak.
Meng die sous bestanddele, maar voeg die asyn bietjie vir bietjie by tot die smaak reg is en meng saam.
Giet oor die slaai en meng deur.
Laat oornag staan as jy kan.
Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Photo: Ilze Garbers Jacobs
Category:
Baie lekker slaai. Skaal net die asyn af. Probeer minder en voeg by na smaak. Ek het gesukkel om die slaaisous te balanseer omdat ek die asyn volgens resep gebruik het, en het dit te suur gevind.
Baie dankie vir die terugvoer dit is altyd baie lekker om goeie terugvoer te kry, ek pas die resep aan.
Mooi dag
Rina