BOVRIL SNOEK
My gunsteling snoekresep. Ek gee naastenby verhoudings en moet na gelang van die hoeveelheid snoek en eie smaak aangepas word.
- 1 koppie botter / margarien
- ½ koppie fyn appelkooskonfyt
- ⅓ koppie Bovril (nie Marmite nie)
- vars knoffel na smaak
- 1 snoek, gevlek
Meng al die sousbestanddele tot ‘n pasta en doen die “tongtippie” toets na eie smaak.
Bedek die snoek met die sous en bak of braai die snoek soos verkies.
Bedien met gebakte patats.
Nota:
Belangrik, die sous moenie waterig wees nie, maar dik soos vla, sodat dit bo-op die snoek lê.
Wenke:
Soos met enige snoekbraai werk dit ewe goed in die oond of op ‘n vuur.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 15 – 20 min, totdat die vis maklik vlok.
Op die kole, braai die snoek stadig oor kole totdat die borreltjies deur die snoek prut.
Tegnieke sonder foelie verg weer baie warm vuur.
Nadat jy die snoek afgewas en met handdoekrol papier afgedroog het, plaas die snoek eenkant sodat dit kan rus.
Indien jy nie ‘n vars snoek het nie, kan ‘n gevriesde snoek vir 30 minute in koue water geplaas word.
Wanneer ek die snoek in die oond bak, sny ek die kop en stert netjies af, split die kop in 2, en plaas dit oop op die bakplaat, saam met die snoek om te bak.
Baie belangrik, koop altyd ‘n vet snoek en nie een wat lyk of hul honger gely het nie.
Gebruik swaardiens foelie om die bak of rooster waarin die snoek gaargemaak word mee uit te voer.
Die oondbak kan dien as opskepbak en om later die lekker sous met potbrood vanaf tee eet.
Plaas gekapte uie, gekapte soetrissies en sampioene onderin die bak, stip met 3 tot 4 stukkies botter.
Plaas die snoek met die velkant na onder bo-op die gekapte groente.
Resep, wenke en foto: Abri van Vuuren