BOTTERSKORSIEBROOD
Liefie bederf. Heerlike botterskorsie-pampoenbrood gebak vir hom. Gaan dit geniet wanneer hy laat van die werk afkom. Ek het die beslag dubbel aangemaak en 2 broodjies gebak.
Broodpannetjie grootte: Lengte is 30 cm, Breedte is 12 cm, Hoogte is 9 cm.
- 5 ml vanilla geursel
- 120 ml botter
- 250 ml suiker
- 500 ml koekmeel
- 2 ml sout
- 5 ml koeksoda
- 5 ml bakpoeier
- 30 ml melk
- 2 groot eiers, geklits
- 3 koppies gekookte botterskorsie
Voorverhit die oond tot op 180 °C.
Gebruik botterskorsie as dit nog warm is, meng makliker.
Meng al die bestanddele saam en skep in gesmeerde broodpan.
Bak vir ongeveer 30 min. of tot toetspen skoon uitkom
Eet en geniet.
Resep en foto: Lizelle Edwards