Your Recipe Blog

BOSNISE PITA GEVUL MET KAAS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 minute

BOSNISE PITA GEVUL MET KAAS

Hulle noem dit ook Burek.

  • Deeg:
  • 550 g koekmeel
  • 10 g sout
  • 300 ml louwater
  • 50 ml olie
  • Vulsel:
  • roomkaas
  • maaskaas
  • feta kaas
  • 2 eiers
  • peper na smaak
  • Ekstra:
  • ½ koppie melk en room gemeng

Meng bogenoemde saam en knie totdat jy ‘n mooi deeg het.
Lê die deeg uit op ‘n lap wat met meel besprinkel is. Smeer die bokant met olie in.
Sorg dat jou hande goed glad is met olie en begin vanuit die middel om die deeg te rek.
So groot as wat jy kan. As daar klein gaatjies inkom is dit nie te erg. Maar probeer dit vermy. Anders kan jy ‘n stukkie deeg inlê van dit wat jy nie gebruik nie. (Sien foto’s)

Ons meng roomkaas, maaskaas en feta kaas bymekaar met 2 eiers en peper. Ek gebruik sommer ‘n diepvries sakkie wat se punt oopgeknip is om die mengsel op die een rand van die deeg te spuit.  Rol die deeg op dat dit ‘n wors vorm. Rol die wors dan in die rondte binne ‘n tertbad tot die bak gevul is. (sien foto’s)

Bak vir 25 min op 180ºC tot dit bruin word.
Haal dit nog nie uit nie maar gooi die mengsel van room en water (minder as 1 koppie) oor die warm pita en sit dit terug in die oond totdat al die vloeistof weg is.
Haal uit die oond en bedek met foelie sodat dit kan sweet.
Lekker saam met bietjie suurroom.
Nota:
Gebruik enige vulsel van jou keuse.

Resep en reeks foto’s:  Susan Nieuwenhuis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page