Your Recipe Blog

BOEREWORS IN KOMBERSIES

| Servings: 3 - 4 porsies

BOEREWORS IN KOMBERSIES

Dis boerewors met degie om.

  • 450 g “beef and peppedew” boerewors (of wors van eie keuse), lekker koud uit die yskas
  • 5 eiers, geklits met ‘n bietjie melk
  • sout en peper, na smaak
  • 1 pakkie PnP kits kaassouspoeier
  • ± 1 koppie bruismeel
  • Canola olie vir vlakbraai
  • 3 – 4 snye brood (eie keuse)

Klits die eiers, melk, sout en peper saam. Sny die boerewors in porsies en laat die stukkies so rukkie in die eiermengsel rus.
Verhit die olie tot warm, nie kookpunt nie (indien olie te warm is, brand dit amper buite voor dit gaar is binne.
Meng die bruismeel en kaassouspoeier en doop die wors direk uit die eiermengsel in die meelmengsel. Plaas die wors in die warm olie en bak rondom tot goudbruin en gaar.

FRANSE BRAAIBROODJIES
Meng die oortollige meel- en eiermengsel en klits goed sodat daar nie klonte vorm nie. Doop snye brood in dié mengsel en bak in ‘n matige warm pan met vlak olie tot goudbruin.

Nota:
Bedien saam met kool- of mengelslaai en Franse braaibroodjies.
Genoeg vir 3 tot 4 persone.

Resep en foto: Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page