Your Recipe Blog

BOERE LAMSKENKEL EN LIESLAPKERRIE

BOERE LAMSKENKEL EN LIESLAPKERRIE

  • ± 2 kg lamsvleis
  • 2 groot uie, in stukke gesny
  • 4 groot aartappels, in blokke

Kook vleis en uie met sout, peper en bietjie asyn tot begin sag raak in water wat jy kort kort aanvul of gebruik jou stoompot.
Laat so ‘n bietjie braai onder in pot voordat dit uitmekaarval en jy dit nog kan roer.
Voeg dan nog bietjie water saam met aartappels en kerriemengsel by en kook tot aartappels sag is.

  • Kerriemengsel:
  • 80 ml bruin asyn
  • 30 ml suiker
  • 60 ml appelkooskonfyt
  • 10 ml borrie
  • 50 ml Cartwrights mild kerriepoeier
  • 30 ml Worcestersous
  • 50 ml tamatiesous

Meng al die bestanddele van die mengsel saam en voeg by die vleis.
Pas sout en kerrie aan volgens jou eie smaak.
As jou sous te dun is, druk van die aartappel fyn om dik te maak.
Bedien saam met stampmielies of rys.

Resep en foto: Lorett Brittnell

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page