Your Recipe Blog

BOELIE BIEF ROL

BOELIE BIEF ROL

  • 1 skilferkors, uitgerol
  • 1 blikkie “bully beef”, effe fyn gedruk met ‘n vurk
  • 1 uie, gekap
  • 1 groen soetrissie, gekap of kwart van elk – groen, rooi en geel soetrissie
  • 1 koppie Chedder kaas

Braai boelie bief, uie en soetrissie saam. Haal van stoof af en meng kaas by.
Smeer oor skilferkors en rol op. Vou kante mooi toe en na onder.
Plaas op voorbereide bakplaat.
Verf eier of melk of mayonnaise bo-oor en maak 3 vertikale kepe in rol.
Bak by 180°C vir so 45 minute tot gaar en bruin en bros.
Bedien saam broodrolletjies en mengelslaai of kapokaartappels.

Wenk:
Ek braai nie eers my bestanddele nie – ek meng die gekapte uie, soetrissies, die kaas en boelie bief (alles net so rou) – smeer dit oor die skilferkors, rol op en bak (Rens)
Vervang die boelie bief met Tuna, gevlokte hoender, maalvleis of spek.

Resep en Foto: Wilna Dorfling

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page