Your Recipe Blog

BLOUWILDEBEES RUGSTEAKS -SIRLOIN

BLOUWILDEBEES RUGSTEAKS -SIRLOIN

Nog enetjie vir die manne wat JAG en WILD steaks ook eet. Die MEES ONDERSKATTE VLEIS in die Jagveld.

  • Blouwildebees rugsteaks
  • Marinade:
  • Smelt die volgende saam:
  • 250 g BOTTER
  • 200 ml olyfolie
  • Voeg die volgende by:
  • 1 eetlepel sout
  • 4 eetlepels suurlemoensap of asyn
  • 1 teelepel growwe swart peper
  • 1 teelepel fyn koljander

Meng alles goed saam en laat heeltemal afkoel.
Sny die steaks so “Duim” dik.
Laat lê die gesnyde wild steaks daarin vir 24 uur.
Braai in die vlamme tot medium “rare”.
GENIET saam met knoffel botter, ‘n lekker gebakte eier, en bruin gebraaide uie.
SOO smaak hy hier in Hentiesbaai.

Resep en foto: Stefaans Blaauw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5