Your Recipe Blog

BLOMKOOL- EN PREIGEBAK

BLOMKOOL- EN PREIGEBAK

  • 1 prei, gewas en in ringe gesny
  • 50 g botter
  • 1 kop blomkool, in blommetjies gesny
  • 150 ml hoenderaftreksel
  • 100 g roomkaas
  • 150 ml room
  • ¼ koppie Parmesan kaas, gerasper
  • sout en peper na smaak
  • 200 ml Mozzarella kaas, gerasper

Braai die prei in die botter met die deksel van die pot toe oor medium hitte vir 10 minute.
Voeg die blomkool en hoenderaftreksel by, en kook sonder deksel totdat die blomkool sag is en meeste van die aftreksel weggekook het.
Voeg die roomkaas by, sit die deksel op en prut 2 – 3 minute.
Roer nou die room, parmesan kaas, sout en peper deur, en prut nog 3 – 5 minute.
Sprinkel Mozzarella kaas bo-oor en plaas in die oond totdat die kaas gesmelt is
Bak in oondvaste bak met deksel vir 5 – 10 minute by 180˚C.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page