Your Recipe Blog

BLOMKOOL EN BROCCOLI GEREG

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 x 22 cm tert borde en 6 klein pastei bakkies volgemaak

BLOMKOOL EN BROCCOLI GEREG

  • Kook die volgende in water met sout tot sag.
  • 1 kop blomkool (1 kg)
  • 1 kop broccoli  (1 kg)
  • 1 teelepel sout
  • Maak witsous:
  • 150 g botter
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 liter melk
  • sout en peper na smaak

Smelt botter, voeg meel bietjies bietjies by tot botter styf is, voeg melk gelydelik by tot sous dik is.
Kook oor lae hitte vir ‘n rukkie, haal van die plaat af en
voeg Cheddar kaas, sout en peper by.
Maak blomkool en broccoli fyn en meng sous by.
Plaas in gesmeerde tert borde.
Strooi kaas van jou keuse oor (ek het Cheddar en Mozarella gebruik) en growwe swart peper.
Sit in oond tot kaas gesmelt het, of bak kaas bros as jy so verkies.

Nota:
Ek het 4 x 22 cm tert borde en 6 klein pastei bakkies volgemaak.  Ek vries dit gewoonlik sodra dit koud is. Maak toe met waspapier en clingwrap. Haal vorige aand uit en laat ontvries in yskas, maak warm in oond of skep in bord en maak warm in mikrogolf.
As jy dit stywer wil hê kan jy 2 eiers klits en dit by mengsel meng voor jy dit in tert bakke sit.  Ek verkies dit net sonder die eiers.

Resep geplaas deur Zonia Visser
Foto:  Zonia Visser

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page