BLINDE OLIFANTJIES
Klink baie lekker; vanwaar die naam? Volgens Wenresepte het hulle dit vir die eerste keer langs die Olifantsrivier gemaak op die skottelskaar. Blinde olifantjies uit Wenresepte 5… met geroosterde butternut, brussels sprouts, rys en sous. Effens aangepas soos altyd. Hoekom nie?!
- 6 – 8 dun skywe beesvleis (minute steaks of schnitzel, plat gekap)
- 2 eetlepels botter of olie
- 1 ui, gekap
- ½ groen soetrissie (green pepper), gekap
- 200 g sampioene, gekap
- 1 tamatie, gekap
- sout en peper na smaak
- 1 koppie gerasperde kaas
- 1 eetlepel Worcestersous
- 375 ml “beef stock”
- 10 ml Maizena, aangemaak met 50 ml water
Kap die vleis so plat as wat jy kan. Braai die ui en pepper vir 5 minute en voeg dan sampioene, tamatie en geurmiddels by. Braai tot al die vog weggekook het. Verdeel die vulsel tussen die vleisskywe en skep dit in die middel van elke skyf.
Strooi die kaas bo-oor.
Rol die skywe op en steek vas met ‘n tandestokkies. Braai 5 minute aan ‘n kant in ‘n warm pan.
Voeg die Worcestersous en “beef stock” by, bring tot kookpunt en prut vir 10 minute.
Plaas in ‘n oondbak en bak by 180º C vir 40 minute.
Verdik die sous op die stoof met Maizena en water deur 5 minute te kook of tot verdik.
Bedien met rys en groente.
Resep en foto: Ilse Jacobz