BLESBOKNEK POTGEREG
- 800 g wildsnekstukke, dik gesaag (± 2 – 3 cm)
- 250 ml karringmelk
- 1 groen soetrissie, opgesny
- 1 knoffelhuisie, opgesny
- 6 wonderpeperkorrels / 4 naeltjies
- 10 ml bruinsuiker
- 2,5 ml neutmuskaat
- 2,5 ml fyn gemmer
- 5 ml gebreekte koljander
- 5 ml droë basieliekruid
- 5 ml droë roosmaryn
- 2.5 ml komynsade
- 10 ml sout
- 5 ml gemaalde peper
- 15 ml suurlemoensap
- 30 ml tamatiepuree
- 30 ml blatjang
- 240 ml rooiwyn
- 1 groot aartappel, in blokkies gesny (2 x 2cm)
- 250 g pampoen, in blokkies gesny (2 x 2cm)
- kookwater, om vog op te vul
- gesnipperde grasuie stingels
Saag die wildsnek in skywe en plaas in ‘n plastiese of glasbak wat kan seël.
Pak die nek stukke daarin en giet die karringmelk oor.
Plaas in die yskas en laat staan oornag vir 2 dae.
Vewyder die nek en plaas in ‘n sif sodat die oortollige karringmelk kan afdrup in ‘n bak.
Voeg die res van die karringmelk by saam met die blatjang, tamatie puree en suurlemoensap.
Roer goed deur en hou eenkant.
Voorverhit die oond tot 160°C.
Pak die opgesnyde groen soetrissie onder.
Meng die droë bestanddele en rol die nek stukke daarin tot alkante bedek.
Pak die vleis bo-op die groenrissie en sprinkel die wonderpeper, knoffel en naeltjies oor.
Giet die karringmelkmengsel oor, bedek en plaas in die oond vir 2 ure.
Hou na ‘n uur dop of die vog al verminder het en voeg bietjie water by indien nodig.
Draai die stukke vleis na elke halfuur om.
Voeg die rooiwyn na die 2 ure kooktyd by en bedek vir nog ‘n uur.
Sit na 3 ure die aartappels by en geur met neut en sout.
Laat prut vir 30 minute en voeg die pampoenblokkies by vir nog 30 minute.
Indien die voglaag te min raak, voeg nog water by.
Toets of alles sag en deurgekook is, verlaag die hitte na 120°C en hou warm tot opdiening met gesnipperde grasuie.
Resep en foto: Johan Rossouw