BILTONGSLAAI MET BASIELIEKRUIDSOUS
- 1 pak “Asian” slaaiblare
- ¼ komkommer
- 15 klein “cocktail” tamaties
- ½ blok Kasselhoop Cheddar “with fruitcake mix”, opgesny
- 2 hande vol nat biltong
- Griekse slaaisous, vir bo-oor
- basieliekruid pesto
- mayonnaise
Rangskik bogenoemde op ‘n opdienbord, sprinkel bietjie Griekse slaaisous oor.
Sit ‘n paar draaie vars gemaalde swartpeper oor.
Meng die basieliekruid pesto met die mayonnaise, hoeveelheid na smaak.
Skep ‘n paar lepels Basieliekruid Pesto mayonnaise oor die slaai.
Foto en resep idee: Marian van Deventer