Your Recipe Blog

BEVRORE SUURLEMOENTERT

BEVRORE SUURLEMOENTERT

  • 1 blik kondensmelk
  • 3 – 4 suurlemoene, sap en skil
  • 250 ml vars room
  • 1 pak Tennisbeskuitjies

Pak ‘n laag Tennisbeskuitjies onder op die bodem van ‘n plastiekbak of foeliebak wat toegemaak en gevries kan word.
Klits room tot styf.
Voeg suurlemoensap en -skil by kondensmelk en meng goed.
Meng die room en suurlemoenmengsel saam tot goed gemeng.
Skep die mengsel bo-op die beskuitjie laag.  Bedek met deksel of foelie en vries tot benodig.

Notas:
Dit kan vir weke in die vrieskas gebêre word, maar dit is so lekker dat dit nooit lank hou nie.
Dis handig as jy skielik met poeding vorendag moet kom.
Hoeveelheid is genoeg vir omtrent 9 porsies.
Dit het ‘n cream kaaskoek kleur, versier dus met iets helders soos geel en oranjge kappertjies (nasturtiums), suurlemoenskil of mentblaartjies.

Foto: Louise Groenewald

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page