Your Recipe Blog

BETS SE GESONDHEIDSBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 - 45 minute | Servings: 4 ½ kg droë beskuit

BETS SE GESONDHEIDSBESKUIT

  • 2,5 kg koekmeel
  • 5 eetlepels + 2 teelepels bakpoeier
  • 1½ teelepel sout
  • 2½ koppies suiker
  • 8 koekies Weetbix
  • 3 koppies Shredded All Bran
  • 1½ koppies hawermout (Oats)
  • 250 g sonneblomsaad
  • 250 g rosyne
  • 500 g margarien
  • 5 eiers
  • 1 liter melk
  • 1 koppie wit asyn
  • 2 koppies kookolie

Sif meel, sout en bakpoeier saam. Voeg suiker by. Vryf margarien in. Voeg die Weetbix (fyn gedruk), Shredded Bran, Oats, sonneblomsaad en rosyne by. Meng goed.
Voeg die asyn by melk om die melk dik te maak. Klits eiers en olie saam en voeg dikmelk by. Meng goed en meng in by droë bestanddele. Maak aan tot hanteerbare deeg.

Druk in gesmeerde, met waspapier uitgevoerde oondpanne en bak 40 – 45 minute teen 180°C. Laat effens in panne afkoel. Keer uit op draadrak en laat koud word.
Sny in vingers en droog oornag uit in oond teen 60°C.

Resep en foto: Bets Lourens‎

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page