Your Recipe Blog

BESONDERSE DADELPOEDING

Recipe by
Cook: 45 - 50 minute

BESONDERSE DADELPOEDING

  • 3 ml koeksoda
  • 125 g dadels, fyn gekap
  • 30 ml margarien, in blokkies gesny
  • 10 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 500 ml kokende rooibostee
  • 1 ekstra groot eier, geklits
  • 250 ml sagte bruinsuiker
  • 310 ml bruismeel
  • 3 ml gemengde speserye

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Sprinkel die koeksoda oor die gekapte dadels, voeg margarien en suurlemoenskil by en giet 250 ml kokende rooibostee bo-oor. Laat staan vyf minute lank.
Meng die geklitse eier en die helfte van die bruinsuiker by terwyl jy vinnig roer.
Sif die bruismeel en gemengde speserye saam. Meng die meelmengsel by die dadelmengsel in.
Giet die oorblywende 250 ml rooibostee in die voorbereide bak.
Skep die beslag in die bak met die rooibostee en sprinkel die oorblywende 125 ml sagte bruinsuiker oor.
Bak 45 – 50 minute lank of tot gaar.
Dien op met vla.

Resep en fotos: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page