BESONDERSE DADELPOEDING
Resep en fotos: Amanda Austen
- 3 ml koeksoda
- 125 g dadels, fyn gekap
- 30 ml margarien, in blokkies gesny
- 10 ml gerasperde suurlemoenskil
- 500 ml kokende rooibostee
- 1 ekstra groot eier, geklits
- 250 ml sagte bruinsuiker
- 310 ml bruismeel
- 3 ml gemengde speserye
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
- Sprinkel die koeksoda oor die gekapte dadels, voeg margarien en suurlemoenskil by en giet 250 ml kokende rooibostee bo-oor. Laat staan vyf minute lank.
- Meng die geklitse eier en die helfte van die bruinsuiker by terwyl jy vinnig roer.
- Sif die bruismeel en gemengde speserye saam. Meng die meelmengsel by die dadelmengsel in.
- Giet die oorblywende 250 ml rooibostee in die voorbereide bak.
- Skep die beslag in die bak met die rooibostee en sprinkel die oorblywende 125 ml sagte bruinsuiker oor.
- Bak 45 – 50 minute lank of tot gaar.
Dien op met vla.
Category:


