Your Recipe Blog

BESKUITJIE SJOKOLADE FUDGE

BESKUITJIE SJOKOLADE FUDGE

Tradisionele yskas ‘brownies’ Heerlike lekkerny om in mooi houertjie as geskenkie weg te gee, of ekonomiese bydrae tot koekverkoping te lewer. Of net self op te eet.

  • 1 pak (200 g) Marie-beskuitjies
  • 250 g botter/margarien
  • 1 pak (500 g) versiersuiker, gesif
  • 30 g (75 ml) kakao, gesif
  • 1 eier

Rol die beskuitjies in ‘n sakkie met ‘n koekroller tot taamlik fyn.
Smelt die botter/margarien in ‘n diep kastrol.
Voeg die versiersuiker en kakao by en roer dit op matige hitte tot glad.
Klop die eier vinnig by.
Haal die mengsel van stoof af en roer die beskuitjies by.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde pan en laat dit in die yskas afkoel.
Sny in grootte blokkies van jou keuse wanneer styf en bewaar dit in die koelkas.

Resep gepos deur Anika Steyn
Foto:  Anika Steyn

2 Reviews

  1. Carol

    These look yummy and I’d love to make them, but can’t understand the method, is it possible you have it in English?
    Many thanks.

    Star
    • Hi Carol.. if you open the recipe, there is a translate at the top of the page on the right hand side, just click on there, and it wil translate to english. Hope that will help you.

      Enjoy

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page