Your Recipe Blog

BEN SE 4 IN 1 SOP

BEN SE 4 IN 1 SOP

4 in 1 sop resep soos ek en my vroutjie dit maak:

  • 3 kg beesskenkel
  • 1 pakkie 4 in 1 sopmengsel
  • 1 pakkie rooi lensies
  • 3.5 kg aartappels, geskil
  • 3 medium uie
  • 500 g wortels
  • Worcestershire sous
  • sout en peper
  • growwe BBQ speserye, fyn gemaal met sy meuletjie

Kook die beesskenkel in stoompot tot sag en haal bene uit. Hou eenkant met die water.
Plaas die sopmengsel en rooi lensies in ‘n groot konfyt kastrol met genoeg water.
Rasper of slaan die aartappels en wortels fyn in voedselverwerker en maak ook die uie fyn.
Meng in by sop en lensiemengsel en roer deur. Plaas kastrol (konfyt kastrol) in oond op ongeveer 150°C en kook so tot sag. Roer gereeld en vul water aan. Wanneer sag, voeg die vleis en vleissous by en roer deur.
Meng die speserye by na smaak.
Kook verder tot speserye deur gekook is. Indien sop te dik is, kan nog water bygevoeg word. Ek kry gewoonlik 8 liter sop. Ek skep dit in 2 liter bakke en vries tot nodig.

Nota:
Wanneer ontdooi word, sal gemerk word dat die sop dalk styf is. Voeg net water by en kook deur in mikrogolf. Dit is die voordeel van die sop. GENIET

Resep en foto: Ben Herbst

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page