Your Recipe Blog

BEESSTERTBREDIE

Recipe by
8 ure

BEESSTERTBREDIE

  • 50 g botter
  • 30 ml sonneblomolie
  • 1 kg beesstert
  • 40 g koekmeel, gegeur na smaak
  • swartpeper, na smaak
  • 1 medium ui, gekap
  • 2 selderystingels, gekap
  • 3 groot huisies knoffel, gekap
  • 2 takkies roosmaryn
  • 2 tamaties, in blokkies gesny
  • 2 teelepels “Six Gun” speserye (vleisspesery)
  • 400 ml rooiwyn
  • 100 ml Coca-Cola
  • 50 ml Jimmy’s-sous
  • 2 liter beesaftreksel

Smelt botter in ‘n swartboompot. Rol stukke beesstert in gegeurde meel en braai in botter tot bruin. Haal uit en hou eenkant. Braai uie in pot. Wanneer dit verbruin, voeg beesstert, seldery, knoffel en roosmaryn by.
Voeg die tamaties, Six Gun speserye, Jimmy’s-sous, rooiwyn, Coca-Cola asook 500 ml van die beesaftreksel by.
Kook op laagste hitte vir agt ure. Roer elke nou en dan.
Voeg ‘n verdere 500 ml beesaftreksel by soos die vloeistof wegkook, maar maak seker dat die vloeistof nooit al die vleis bedek nie.
Let wel: jy mag dalk meer aftreksel nodig kry indien die potjie droog kook.

Resep geplaas deur: Gys Stolz
Foto: Gys Stolz

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5