BEESSTERT MET “STOUT” BIER
Foto: Erika Foot
Resep geplaas deur Erika Foot
- 2 pakke beesstert
- 1 bottel stout bier
- 1 pakkie oxtail soppoeier
- 1 groot ui
- sout en peper
- baba wortels
- Oxtail /beesstert hoef nie heel ontdooi te wees nie. Plaas in oondvaste bak of pot.
- Meng soppoeier en bier en giet oor vleis.
- Skil ui en sny op in groot stukke en plaas in pot.
- Sout en peper na smaak.
- Kan klein bietjie water ook by sit, maar onthou gevriesde vleis gaan ook water afgee so pasop om nie te veel water by te sit nie.
- Plaas in oond. Bak teen 130-140°C vir ses ure, of tot gaar. Roer elke nou en dan.
- As sousie te dun is, verdik met bietjie maizena.
- Bedien saam met rys.
- Optioneel: Sit wortels saam in pot so vir die laaste twee ure van kook
- Wenk: Indien u nie hou van alkohol of die bier smaak nie, vervang bier met ‘n botteltjie slaai sous wat met ‘n pakkie bruin uie sop gemeng word i.p.v oxtail soppoeier.
Category:

