BASIESE VULSEL VIR DROË KOEKIES MET VARIASIES
Hier is ‘n resep vir die vulsel van droë koekies, ek varieer net my vulsel met verskillende geurmiddels.
- 500 g margarien, 80 % volvet
- 2 × 500 g versiersuiker
- 2 eiergele, goed geklits
- 10 ml gliserien
- knippie sout
Verroom die margarien en voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by die margarien en klop goed.
Voeg die gliserien, eiergele en sout by en meng goed tot lig en donsig.
Ek gebruik my kenwood, dan klop die vulsel vinnig tot lig en donsig.
Plaas die vulsel in 2 lugdigte houers soos 2 liter roomysbakke en plaas in yskas tot benodig.
- Variasies:
- Voeg kondensmelk geursel by vir Oreos.
- Voeg Frisco koffiepoeier en vanilla ekstrak by vir koffiekoekies.
- Voeg gesmelte sjokolade by vir “Romany Creams”.
- Voeg aarbei of granaat by vir “Royalcreams”.
- Voeg suurlemoen en bietjie gerasperde skil by vir “button” koekies.
- Voeg vanilla ektrak by (nie die geursel) vir vlakoekies.
Nota:
Neem soveel vulsel soos benodig en voeg die geurmiddels by na keuse.
Gliserien: Jy kry een wat ons jare terug gebruik het glycerine en boraks waarmee ons baba se mondjie skoongemaak het vir melksproei, maar die een is skoon glyserine. Kry by groot koswinkels of ‘n apteek.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk