Your Recipe Blog

BALSAMIESE VINAIGRETTE T-BEEN MET GEBRAAIDE SAMPIOENE

Recipe by
Prep: 3 ure | Cook: 4 - 5 minute + 3 minute

BALSAMIESE VINAIGRETTE T-BEEN MET GEBRAAIDE SAMPIOENE

  • 300 g T-been skuif
  • 10 ml balsamiese asyn
  • 20 ml olyfolie
  • ‘n takkie Roosmaryn
  • sout en gemaalde swartpeper, na smaak
  • ekstra olie vir braai

Meng die olie en asyn saam en marineer die biefstuk vir 3 ure in die vinaigrette.
Geur die vleis met sout en gemaalde peper voor dit gaargemaak word.
Verhit olie in ‘n pan met die takkie roosmaryn en braai die biefstuk vir ongeveer 4 – 5 minute op die been kant.
Draai die biefstuk op die vetkant en seël die vet vir ‘n paar minute tot goudbruin. Braai die biefstuk vir 3 minute aan ‘n kant vir goed medium rou of langer soos verlang.
Plaas die biefstuk in ‘n plat bak, bedek met foelie en laat die vleis rus tot die sampioene klaar gebraai is.

  • 250 g knopie sampioene
  • 20 ml groen peperkorrels, gekneus
  • ½ ui, opgesny
  • 5 ml rissievlokkies
  • 10 ml olyfolie
  • 8 g botter
  • sout en gemaalde swartpeper

Verhit die olie en botter in ‘n pan en braai die uie vir ‘n paar minute en geur met sout en peper.
Voeg die sampioene en rissievlokkies by en roerbraai totdat die sampioene gaar is.
Skep die gebraaide sampioenmengsel bo-op die biefstuk en bedien met aartappel skyfies of kapokaartappels.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page