“BACON KIEPS” SPEK EN HOENDERVLERKIES
Ek het vir ons hierdie lekker oudurfie gemaak en dit was djeeeeeerlik.
- hoendervlerkies
- sout en peper
- brandrissievlokkies
- speserye van jou keuse
- repies spek
Kook ‘n paar hoendervlerkies vooraf vir 2o minute met ‘n knippie sout en laat dit afkoel.
Verwyder die beetjies.
Besprinkel die vlerkies met brandrissievlokkies, speserye van jou keuse en sout en peper.
Draai die ontbeende vleis toe met repies spek en braai op die kole tot die spek lekker krakerig is.
Resep en Foto: Gideon Louw