Your Recipe Blog

ARMADILLO VLEISBROOD

Recipe by
Cook: 1 uur en 10 minute

ARMADILLO VLEISBROOD

Ek love meatloaf… ek dink dis een van die maklikste maalvleis resepte wat daar is! Minder moeite as frikkadelle (alhoewel hulle altyd ‘n spesiale plek in my hart en kombuis het) en saam met ‘n groente, slaai of lekker mash is dit een van die beste aandetes ooit. En heerlike leftovers vir die volgende dag. As daar iets oorbly. Die resep is my armadillo meatloaf – sommer keto ook.

  • 1 kg beesmaalvleis
  • 1 eier
  • 2 teelepels oreganum
  • 2 teelepels uiepoeier of 1 ui, gekap en gebraai in 10 ml olie
  • 120 ml room
  • ½ koppie gerasperde kaas
  • sout en peper na smaak
  • 125 g repies varkspek
Meng al die bestandddele (behalwe die spek) saam.
Vorm in ‘n broodvorm en plaas op bakpapier in die oondbak.
Plaas die repe spek oorvleulend bo-oor.
Bak 1 uur by 190ºC, en nog 10 minute by 200ºC.
Sny in skywe en bedien.
Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page