Your Recipe Blog

APPELTERT

Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 1 medium tert

APPELTERT

  • Deeg:
  • 1 eier
  • 1 koppie witsuiker
  • 1 koppie koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 koppie melk
  • 1 klein blikkie tertappels
  • Sous:
  • 1 koppie vars room
  • ½ koppie witsuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 eetlepel botter

Klits die eier en suiker in ‘n mengbak totdat dit goed gemeng is.
Meng die meel en bakpoeier saam en voeg dit om die beurt met die melk by die eier- en suikermengsel en roer tot ‘n slap deeg.
Neem die blikkie tertappels en voeg dit by die deeg of pak die appels onder in die tertbak wat met kleefwerende sproei gespuit is en giet die beslag oor die appels, dis jou keuse.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180 ºC vir ongeveer 40 minute.
Plaas intussen die bestanddele vir die sous in ‘n potjie op die stoof en verhit totdat die suiker opgelos en die botter gesmelt is.
Giet die warm sous oor die tert, sodra dit uit die oond verwyder word.

Resep en foto: Marlene Minderon

One Review

  1. Haneline Hanekom

    Nice and easy, i reduce the sugar. Use ideal milk instead of cream.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page