Your Recipe Blog

APPELKOOS- EN KERSIEKONFYT

Recipe by
| Servings: 8 - 9 x 250 ml bottles

APPELKOOS- EN KERSIEKONFYT

Die resep maak amper 9 vol botteltjies, so ja die een regs op die foto is maar die proe bottel.
Dit so paar jaar terug een dag saam gemeng en vandaar maak ek elke jaar.

  • 2.2 kg appelkose
  • 0.5 kg vars kersies
  • 2.5 kg suiker

Sny die appelkose in die helfte, verwyder die pitte en sny alle donker plekkies uit.
Hou die pitte om as pektien te gebruik. Hou die vars kersies heel.
Plaas al die bestanddele in ‘n lekker groot konfyt pot saam met die pitte, roer deurmekaar en begin teen stadige hitte kook.
Kook alles stadig saam tot suiker opgelos is, kook dan vinnig tot 104 °C.
Skep meeste van die pitte uit terwyl jy bottel.
Bottel in skoon voorbereide bottels en deksels. Seël dadelik.
Heerlik!!

Resep en foto:  Annelizle Botha

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page