Your Recipe Blog

ANNETTE SE LEKKER BROODPOEDING

Recipe by
Cook: 30 minute | Servings: 1 medium poeding

ANNETTE SE LEKKER BROODPOEDING

Probeer hierdie broodpoeding wat ek self geskep het. Baie lekker veral as jy n soettand is soos ek.

  • 5 snye dagoud brood, in blokkies gesny
  • 1 koppie suiker
  • 100 g margarien
  • 500 ml ongegeurde volvet jogurt
  • 250 ml melk
  • 3 – 4 eiers
  • halwe koppie klapper
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 5 ml vanilla geursel
  • kaneel, vir oor sprinkel
  • botter, om oor te stip

Meng melk, jogurt, botter en suiker in ‘n groot genoeg pot om die hele beslag in aan te maak en laat dit oor lae hitte smelt totdat die suiker en botter gesmelt is, roer aanhoudend.
Verwyder die pot van die stoof en voeg die broodblokkies, klapper, appelkooskonfyt, vanilla geursel en eiers by en klits mengsel met draadklitser tot alles goed gemeng is.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bak, sprinkel met kaneel en stip met botter.
Bak 30 minute in ‘n voorverhitte oond by 180ºC en whola!

Resep en 3de foto: Annette Hattingh Scheepers
Foto’s: Lettie van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page