Your Recipe Blog

ANDRIE SE SKUIMPIES

Cook: 2½ tot 3 ure

ANDRIE SE SKUIMPIES

  • 3 eierwitte
  • 1½ koppie strooisuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 teelepel asyn
  • 2 teelepels bakpoeier
  • knippie sout

Voorverhit oond tot 110 ºC. Voer bakplate met bakpapier uit (ek gebruik sommer gewone tikpapier gesmeer met ‘n laag margarien.) Hou plate eenkant.
Meng eierwitte en 1 koppie strooisuiker saam en klits tot baie styf. Voeg die res van die suiker, bakpoeier, vanilla, asyn en sout by. Klits tot stywe punte vorm en dit baie styf is.
Skep mengsel in verskillende bakkies en voeg kleursel van jou keuse by. Vou die kleursel in.
Skep kleurmengsels saam ‘n in versierssak (of ‘n vriessakkie werk net so goed). Voeg al die verskillende kleure saam in ‘n sakkie of slegs een kleur per sakkie, soos jy verkies.
Knip die sakkie se punt af en druk uit op voorbereide bakplate.
Bak in die voorverhitte oond vir 2½ ure tot 3 ure.

Nota:
Vir die skuimpies met sosatiestokkies in het ek die sosatiestokkies in water geweek vir 5 minute, uitgehaal en afgedroog. Plaas nou die sosatiestokkies op die gevoerde bakplaat en spuit die skuimpiemengsel in ‘n spiraalvorm oor die stokkie se bokant.
Bak in die voorverhitte oond vir 2½ ure tot 3 ure.

Resep en foto’s: Andrie Grimsell

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page