AMANDEL- EN HEUNINGBESKUIT
- 1 kg bruismeel
- 5 ml bakpoeier
- 250 ml suiker
- 500 g botter
- 100 g amandels, fyngekap of sonneblom pitte
- rosyntjies, opsioneel – ek het so halwe koppie bygevoeg
- 3 groot eiers
- 125 ml heuning
- ¾ koppie karringmelk
Plaas die meel, bakpoeier, suiker en 2 ml sout in ’n groot mengbak. Vryf die botter
met jou vingerpunte in tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die amandels by.
Klits die eiers, heuning en drie-kwart van die karringmelk tot hoeveelheid van 500 ml, meng in by die droë bestanddele. Roer die mengsel goed. Voeg die oorblywende karringmelk by indien die deeg te styf is en nie bymekaar kom nie.
Druk die deeg in ’n vierkantige of reghoekige gesmeerde bakplaat en bak dit vir ’n 1 uur in die oond wat tot 180 ºC vooraf verwarm is of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Haal die beskuit uit die oond en laat dit afkoel. Sny dit in dik vingers en pak dit op bakplate. Stel die oond op 100 °C.
Bak die beskuite vir nog 2 – 3 uur in die oond tot dit heeltemal droog is. Draai die beskuite gereeld.
Skakel die oond af, maar los die beskuite oornag in die oond om uit te droog.
Bêre dit in ’n lugdigte houer en geniet dit saam met koffie.
Resep en foto’s: Sarie van Vuuren
Thank you