Your Recipe Blog

AMANDA SE GEMMERSOUSPOEDING

AMANDA SE GEMMERSOUSPOEDING

  • 60 ml sagte donkerbruin suiker
  • 60 ml gesmelte botter
  • 1 eier, geklits
  • 5 ml vanilla geursel
  • 125 g dadels, gekap
  • 250 ml bruismeel
  • ¼ teelepel sout
  • 10 ml poeiergemmer
  • 2,5 ml gemengde speserye
  • 5 ml fyn kaneel
  • SOUS:
  • 125 ml sagte donkerbruin suiker
  • 250 ml water
  • 15 ml botter
Voorverhit oond tot 170ºC.
Smeer ‘n 20 cm oondbak met botter.
Klits die suiker en botter tot romerig.
Voeg die eier en vanilla by en klits.
Vou die dadels in.
Sif die bruismeel, sout, poeiergemmer, speserye en kaneel oor die botter mengsel en klits.
Giet die beslag in die voorbereide oondbak en maak liggies gelyk bo-op.
Sous:

Verhit al die bestanddele saam in ‘n pot en roer tot gesmelt.
Giet dié sous oor dié poedingbeslag en bak 45 – 50 min. Of tot die poeding gaar is.
Indien die poeding te vinnig bruin word, bedek met foelie en bak nog.
Sit die poeding warm voor met vanilla roomys of vanilla vla.

Foto en resep: Amanda Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page