ALTA SE MANGOSLAAI
- 4 stewige ryp mangos, in dik skywe gesny
- 1 granaat, ontpit
- 20 korrels swart druiwe
- 1 pakkie baba spinasie blare
- 1 pers ui, in skywe gesny
- 6 peppadews, stukkend gesny
- paar mint blare, opgeskeur
Pak spinasie blare onder in vlak slaaibak.
Meng res van die bestanddele saam en pak op spinasie blare.
Bedien – heerlik saam met braaivleis
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk
Category: