Your Recipe Blog

ADRIAN SE ROMERIGE SPINASIE LASAGNE

ADRIAN SE ROMERIGE SPINASIE LASAGNE

  • 500 g maalvleis
  • 1 fyngekapte ui
  • 1 fyngemaakte knoffelhuisie
  • 2 lourierblare
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • 1 vleisekstrakblokkie
  • sout en peper na smaak
  • olie of botter om in te braai
  • 500 g spinasie
  • spinasie lasagna velle (gewone plein velle sal ook werk)
  • kaas om bo-oor te sprinke
  • Bechamelsous (sien skakel hieronder)

Verhit die olie of botter saam met die lourierblare en braai die uie daarin tot sag. Voeg dan die knoffel by en braai vir een minuut. Voeg die vleis by en braai saam met die uie en knoffel verder tot dit goed verbruin het. Los die vleisblokkie op in ongeveer 100 ml kookwater en voeg die tamatiepasta daarby. Voeg dit by die vleis en geur met sout en peper na smaak. Onthou die vleisblokkie is ook sout. Roer goed deur en prut liggies tot die meeste vloeistof uitgekook is. Haal van die hitte af en hou eenkant.
Kook die spinasie tot sag, dreineer en maak dit fyn in ‘n voedselverwerker of sny dit baie fyn op.

  • Bechamel sauce:
  • 5 tablespoons of butter
  • 4 tablespoons of all-purpose flour
  • 4 cups of milk
  • 2 teaspoons of salt
  • ½ teaspoon of nutmeg, optional
  • 1 beaten egg

Make a basic béchamel sauce first for use later in the recipe! Get a medium saucepan and melt the butter over medium-low heat. Add in flour and stir it all up until it gets smooth. Keep cooking your mixture until it all turns a light golden color, for about six or seven minutes.
In the meantime, heat the milk in a separate pan until it’s almost at a boil. Once it’s hot enough, gradually add your hot milk one cup at a time to the butter, continually whisking the entire time until it’s smooth. Once all the milk is incorporated, bring to a boil and cook for 10 minutes, stirring it constantly.
Add the egg and season it at the end with salt and nutmeg.

Maak die Bechamel sous (witsous) en roer die spinasie daarby in. Spuit ‘n oondvaste bak met nie-klewende sprei en pak ‘n laag lasagna velle onder. Skep ‘n laag witsous bo-oor en volg dan op met ‘n laag vleis. Herhaal die lae maar eindig met ‘n laag witsous bo-oor die laaste laag vleis. Sprinkel kaas van jou keuse bo-oor. Laat vir ‘n halfuur staan en bak dan in ‘n voorafverhitte oond vir ongeveer 35 minute by 180ºC tot goudbruin bo-op.

Resep geplaas deur Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page