ADAM SE HOENDERMAGIE SOSATIES
- 700 g hoendermagies
- 2 koppies water
- 1 gedroogde teelepel oreganum
- 2 eetlepels maple gegeurde stroop (of heuning)
- 2 eetlepels Worchestersous
- 2 eetlepels soet rissiesous
- 2 eetlepels balsamiese asyn
- sout na smaak
Stoom die hoendermagies in die 2 koppies water saam met die oreganum en sout vir 30 minute, haal uit en hou eenkant.
Meng die aftreksel waarin dit gestoom is met die res van die bestanddele, bring tot kookpunt en laat prut vir 10 minute.
Laat effens afkoel en marineer die gaar hoendermagies daarin vir ten minste twee ure.
Ryg in op sosatiestokkies en braai vinnig oor warm kole, terwyl dit gereeld met die sous bedruip word, net tot dit deurwarm is en begin “krispy” word, maar wees versigtig om dit nie te laat brand nie.
Nota:
Die sous is ook lekker om hoender op die kole mee te bedruip.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete