Your Recipe Blog

AARTAPPELTERT

Cook: 20 minute

AARTAPPELTERT

  • 6 aartappels, geskil en gesny
  • 30 ml botter
  • 5 ml bakpoeier
  • 125 ml gerasperde kaas
  • 175 ml room of melk
  • sout en peper na smaak
  • 2 medium uie, gekap
  • 1 pakkie spek, opgesny
  • 1 pakkie sampioene, opgesny
  • 15 ml vars pietersielie
  • olie vir braai

Voorverhit die oond tot 200ºC en spuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Kook die aartappels in bietjie water op die stoof tot gaar, dreineer en druk dit fyn.
Voeg die botter, bakpoeier, room, kaas, sout en peper by die fyn aartappels.
Braai die uie tot glasig, voeg die spek by en braai tot gaar.
Voeg die sampioene by en braai tot gaar.
Voeg die uiemengsel en pietersielie by die fyn aartappels en roer deur.
Skep die aartappelmengsel in die oondbak, en stip met ‘n bietjie botter bo-op.
Bak vir 20 min in die voorverhitte oond.
Bedien warm.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page